NETBAL – Dit was een vir die boeke nadat die Vrystaat Crinums die byna onmoontlike vermag het deur as die Nasionale Netbal Liga Kampioen gekroon te word na ’n spannende eindstryd teen die Gautengse Jaguars Woensdagaand in Johannesburg.
Die Vrystaters met ’n skitterende Karla Pretorius het sy 4de titel met slegs ’n enkele punt verower nadat die Crinums met 47 – 46 as die nuwe kampioen gekroon is.
Karla is as Speler-van-die-Toernooi aangewys terwyl spanmaat Refiloe Nketsa die prys as Beste Senterbaanspeler ontvang het. Die Jaguars se hulpdoelverdediger en kaptein Jamie van Wyk was met die prys as Beste Verdediger beloon terwyl Alice Kennon die Voorste Doelskieter was.
*Die Kingdom Stars het Dinsdagaand Afdeling B gewen terwyl die Limpopo Boababs in hul promosie-relegasie-wedstryd die einste Stars met 65 -40 uitgestof het.