NETBAL – Die Flames  en  Fireballs het vlam gevat in Dinsdag se Nasionale Liga en goeie rekenskap van hulself op die baan gegee.

Die Flames  van Noordwes het vir 50 minute lank in die nekke van die kampioenspan van Noord-Gauteng die Jaguars  geblaas maar uiteindelik net-net uitgemis met ’n eindtelling van 41 – 53.

In nog ’n Afdeling A wedstryd het die Fireballs  met 65 – 41 die Aloes getroef en sake reggestel na hul 2-punt nederlaag teen die Jaguars  Saterdag.

Die Vrystaat Crinums  beklee nog steeds die boonste plek in Afdeling A as gevolg van ’n beter doelgemiddelde teenoor die Jaguars terwyl die Comets  van die Oos-Kaap 1ste is in Afdeling B.

*Die 2de been van die kompetise eindig Woensdagaand met die laaste wedstryd wat om 18:00 afgehandel word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×