NETBAL  – Daar was weer groot aksie in die Varsitybeker netbalreeks waar die Maties , Johannesburg , Kovsies en die Universiteit van Noordwes mekaar die stryd aangesê het.

In die eerste wedstryd van die dag is die Kovsies wat ook die verdedigende kampioen is en gemik het na 5de titel in ‘n opskudding deur die Pukke in ‘n naelbytstryd met 64 – 61 uitgeskakel.

In die ander halfeindstryd het die Maties wat tot dusver onoorwonne in diè kompetisie was ook amper gegly toe die oranje hemde van UJ hulle harde bene laat kou het maar aan die einde het die Stellenbossers redelik maklik met 43 – 35 gewen.

Die  Noordwes Arende sal ook nou vir die eerste keer sedert 2017 in die eindstryd speel en ontmoet nou die Maties eerkomende Maandag in die Eikestad waar ‘n nuwe kampioen gekroon sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×