NETBAL – Die Universiteite van Pretoria en Johannesburg sal mekaar nou in die eindstryd van die Varsitybeker netbalreeks ontmoet nadat hulle onderskeidelik met die Maties en Pukke afgereken het.

Tukkies het sy onoorwonne status behou en die verdedigende kampioen van Stellenbosch met 61 – 33 afgeransel terwyl UJ ook die Universiteit van die Noordwes gestuit het met ’n eindtelling van 54 – 38.

Die eindstryd word eerskomende Maandagaand om 19:00 gespeel.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×