Die Callie Human bars Maandagaand weer uit sy nate wanneer die Bloemfontein Kovsies die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die finale ronte aan pak.
Beide spanne het verlede week taai opponente uit gestof om deur te dring. Die Universiteit van die Vrystaatse se span het die toernooi al vier keer van tevore gewen terwyl UJ vroër die seisoen as oorwinnaars uit hul ontmoeting getree het met 51-46. Dus is hul huidige situasie niks nuut nie.
Op papier is die guns aan die Kovsies se kant. ‘n Wedstryd voor hul tuis skare, en merkwaardige spelers sowel as afrigters wat ander universiteite net kan droom van.
Al die kaartjies was vroeg die week al uit verkoop en Kovsie-bestuurder, Ane Retief het laat weet dat hulle reg is vir die tweestryd. Kaptein Refiloe Nketsa loof die afrigters wat hul voorbereiding optimaal gestruktueer het sodat hulle reg is vir enigeiets wat UJ na hulle toe gooi.