NETBAL – Jenny van Dyk is die gunsteling om vanmiddag as die nuwe Protea afrigter aangewys te word word in die plek van die Australiër Norma Plummer en sal die  9de afrigter sedert 1994 wees om Suid-Afrika se netbaldames te brei.

4 aansoeke is vir diè pos ontvang naamlik Van Dyk , Rozanne Matthyse , Dumisani Chauke sowel as ’n laat aansoek van die gewese Protea kaptein Zanele Mdodana.

Van Dyk is tans in beheer van die o.21’s en indien sy die hoofafrigter word is die naam van Elsjè Jordaan genoem om oor te neem aangesien sy al vantevore die junior nasionale span afgerig het.

*Diè aankondiging word Woensdag om 13:00 regstreeks op Supersport  Kanaal 209 uitgesaai.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×