NETBAL – Die verdedigende kampioen Johannesburg is weer as die wenners van die Spar Nasionale Netbal Toernooi gekroon na ’n spannende eindstryd teen Mangaung wat hulle met 46 – 40 gewen het.
Die Vrystaters het stadig begin en eers na 8 minute se spel hul eerste doel behaal maar die Gautengers het momentum behou en uiteindelik ook met die louere weggestap.
Dr. Kenneth Kaunda van die Noord-Wes Provinsie het 3de geëindig in ’n naelbyt wedstryd en met 53 – 52 oor die Kaapse Wynlande geseëvier.