Die Kovsies het hul vyfde Varsitybeker netbal-titel ingepalm nadat hulle die Universiteit van Johannesburg gisteraand in die Callie Human Binnenshuise Sentrum in ’n dramatiese eindstryd met 58 – 55 geklop het.
Dit was ’n wedstryd wat van die afgooi wipplank gery het waar nie een van die spanne ’n tree teruggedeins het vir mekaar nie. Aanval op aanval is geloods waar die tellings op klokslag aangeskuif het voor ’n fanatiese tuisskare en die uitslag met elke afgooi moontlik kon verander.
Die tellings was gelykop met 47 – 47 na gewone tyd maar die Kovsies het in die tweede helfte van ekstra tyd met skitterende samespel beheer oorgeneem en was dit Rolene Streutker se voorreg om die wendoel te sink en sodoende ’n welverdiende oorwinning vir die Bloemfontein studente kon verseël.