Die Kovsie Netbal span het teen die Tukkies geseevier in die Universiteitsbeker toernooi. Die tuisspan het die halfeindronte naalskraap gewen met 68 doelle teenoor 62.

Die Tukkies het tydens Maandagaand se wedstryd met mening terug gekom in die laaste kwart maar dit was nie genoeg om die tuis span te klop nie.

Hoof afrrigter Burta De Kok sê dat hulle kyk nie te vêr vooruit nie en spits al hulle aandag op die opkomende wedstryd. Verdedigende afrigter en Protea speler, Karla Mosterd, voorheen Pretorius, stem saam deur by te voeg dat hulle fokus om te herstel op hul gebrekke asook om voort te bou aan hul sterkpunte.

Die Kovsies is tans bo-aan die punteleer en het die Universiteitsbeker al vier keer van tevore gewen. Hulle maak reg om die Universiteit van Johannesburg aan te pak in die finale rondte. Dit sal gebeur op Maandag 7 Oktober, om 19:00 in die Callie Human.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×