Die Maties netbalspan het nog ‘n kans om te vorder na die halfeindrondes van die Varsitybeker Netbalreeks na ‘n oorwinning oor Tuks in Pretoria gisteraand.
Die Stellenbossers verdien ‘n 55-48 oorwinning, slegs hulle derde van die seisoen, en sit nou in die vierde plek op die punteleer.
Die Noordwes-Universiteit het intussen met 39-64 vasgeval teen die Universiteit Johannesburg.
Wits gee vir die Tshwane Universiteit vir Tegnologie pakslae met 86-24 en Kovsies slag die Madibaz met 79-26.
Daar is nog twee rondes wat wag voor die uitspeelrondes begin, met die volgende wedstryde wat Sondag in Bloemfontein beslis word.