NETBAL – Een van Suid-Afrika se netbal legendes het besluit om op ‘n hoogtepunt uit te tree slegs enkele dae nadat sy 3 skitter toetse teen Engeland gespeel het.
Die 38-jarige Phumza Maweni wat haar debuut in 2014 teen Skotland gemaak het en die Proteas in 121 toetse verteenwoordig het groet die netbalwêreld na 9 jaar.
*Die President van Netbal Suid-Afrika Cecilia Molokwane het Maweni groot lof toegeswaai en ook gesê dat diè hoofdoel-verdediger se kennis en ervaring in die sport vir die nasionale span behoue moet bly deur die nodige stelsels en strukture in plek te stel.