Netbal kan moontlik van 2032 reeds deel van die Olimpiese Spele word.
Dit was die woorde van Cecelia Molokwane, president van Netbal Suid-Afrika, wat Sondagmiddag tydens ’n nuuskonferensie in Johannesbrug gesê het dat ’n sportliggaam aansoek moet doen om deel te word van die Olimpiese beweging.
Molokwane wat ook president van Afrika-netbal is het ook daarop gesinspeel dat vorige ampsdraers nie genoeg gedoen het om Olimpiese status vir diè sport te bewerkstelllig het nie.
Sy het egter bygevoeg dat netbal baie gegroei het en nou in 121 lande gespeel word en dat Suid-Afrika moontlik ’n bod gaan indien om die Spele in 2036 aan te bied.
Netbal is reeds ’n gewilde sport op die Statebondspele en sal weer goeie aftrek kry wanneer diè skouspel op 23 Julie 2026 in Glasgow , Skotland afgooi.