NETBAL – Met die Varsitybeker netbal-toernooi wat die halfpadmerk bereik het is die Noordwes-Universiteit se Arende en TUKS nog steeds onoorwonne.
Die Potch studente was met 43 – 36 teen die Kovsies baas. Die Vrystaters het stadig begin in die 1ste kwart en ver agtergeloop en toe die laaste 3 oorheers maar dit was reeds mosterd na die maal.
TUKS het maklik met die verdedigende kampioen die Maties afgereken. Die meisies van Pretoria het die Kapenaars met 60 – 38 uitoorlê.
In die Johannesburg derby was UJ te sterk vir Wits en het met 61 – 34 geseëvier terwyl die Madibaz van die Oos-Kaap ook hul 1ste sege behaal het deur die Universiteit van die Wes-Kaap naelskraap met 50 – 47 te troef.
Die 6de ronde wedstryde word weer Sondag in Stellenbosch hervat.