Paarl Gimnasium is as die Wildeklawer-toernooi se o.19 kampioen gekroon nadat hulle aartsvyand, Hoër Meisieskool Paarl, met 19 – 18 in Kimberley geklop het.
Die kragmeting het heeltyd wipplank gery. In die eerste kwart het HMS Paarl met twee doele voorgeloop waarna Gimmies die volgende een geneem het met 8 – 7.
Met sowat 90 sekondes oor het Paarl Gim hulle voorsprong tot 19 – 17 gerek en vasgebyt tot en met die blaas van die eindfluitjie.
Gimmies se Nicola van Heerden is ook as die Speler van die Toernooi aangewys.
*Die Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein was in die uitspeelwedstryd vir die vyfde plek aan die wenkant toe hulle Affies met 29 – 25 gestuit het.