NETBAL – Suid-Afrika se puik doelskieter Lenize Potgieter se ekskursie na Kaapstad vir die Wêreldbeker-toernooi is verby nadat ’n kniebesering diè Protea ster nou verder op die kantlyn gaan hou.
Potgieter – wat ook verlede jaar die Statebond Spele misgeloop het – word nou deur die groentjie Owethu Ngubane vervang wat nog net 1 toets vir haar land gespeel het.
Potgieter en Ngubane se spanmaats het darem hulle Wêreldbeker veldtog weer terug op koers gekry nadat die Proteas gisteraand vir Trinidad & Tobago met 69 – 28 kon uitstof.
Woensdag wag die grootste toets op Norma Plummer se span wanneer hulle die verdedigende kampioen Nieu-Seeland die stryd gaan aansê.