Cecilia Molokwane wat sedert 2017 die president van Netbal Suid-Afrika (NSA) was is voorlopig geskors ná “ernstige aantygings” teen haar wat deur Wêreldnetbal in ‘n brief aan haar bekendgemaak is.

Hoewel die besonderhede nog nie bevestig is nie word daar gesuggereer dat haar pogings om ’n derde termyn te verseker moontlik tot diè skorsing aanleding gegee het.

NSA het die skorsing beaam en beklemtoon dat gesprekke met Wêreldnetbal aan die gang is terwyl die vise-president Mami Diale  tydelik die warm stoel sal oorneem. Diale en haar uitvoerende komitee is reeds in Kaapstad waar hulle vrae van die parlementêre portefeulje-komitee  vir sport, kuns en kultuur  moet beantwoord.

Met belangrike toernooie soos die Telkom-liga, die Statebondspele en die Wêreldbeker-toernoooi wat op hande is kan diè sport nie bekostig om deur interne onstuimigheid geraak te word nie.

error: Inhoud is beskerm !!