Die Mees ervare speler in die Suid-Afrikaanse Netbal groep, Karla Pretorius, gaan nie met die span na die Karibiese eilande reis nie.

Die 34-jarige hulpdoelverdediger, wat al 120 verskynings vir haar land gemaak het, het besluit om eerder ‘n ruskans te neem.

Sy sal ook volgende maand se Nasiesbeker-toernooi misloop.

Die 21-jarige Sanmarie Visser sal in Pretorius se plek reis.

Die Protea netbalspan vertrek Vrydag na Kingston, waar hulle deur Miami reis, en sal op 18, 22 en 25 Januarie teen Jamaika te staan kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×