Die afrigter van die Spar Protea netbalspan Jenny van Dyk sê die komende drie-wedstryd reeks teen Jamaika is die grootste uitdaging sedert haar termyn begin het.
Die Suid-Afrikaners sal binnekort na die Karibiese eilande reis met die wedstryde wat op 18, 22 en 25 Januarie by die Nasionale binnenshuise Sport Sentrum in Kingston gespeel sal word.
Volgens Van Dyk is dit altyd moeilik om te speel om in die Karibiese eilande te speel maar om die beste te wees moet jy teen die beste speel.
Jamaika is tans die derde op die wêreldranglys na hulle vir Engeland geklop het in ’n toetsreeks terwyl Suid-Afrika die vyfde plek beklee.