NETBAL – Suid-Afrika se netbalspan is oorgehaal vir die Fast5-toernooi wat môre en Sondag in Christchurch beslis word.
Die Proteas wat verlede jaar met die silwermedalje terug huistoe gekeer het sal weer sterk steun op die ervaring van die kaptein Jeanie Steyn , Shannen Bartlett en Zandrè Smit.
In diè formaat is daar net 5 spelers op die baan waar die punte vir doele ook verskil. In die laaste 90 sekondes van elke kwart is daar ’n kragspel-typderk waar ’n doel 2 punte werd is en ’n superdoel 6 punte tel.
Australië is die verdedigende kampioen en sal saam Suid-Afrika , Nieu-Seeland , Jamaika , Engeland en Malawi sake op die baan uitspook.