NETBAL – In minder as 100 dae – 99 om presies te wees – sal die grootste netbalskouspel ooit in Afrika afskop wanneer die Wêreldbeker-toernooi in die Moederstad begin.

Regoor die land is daar tans groot bewusmakingsveldtogte aan die gang om diè sport die nodige blootstelling aan veral Suid-Afrikaners te gee om ook hierdie geskiedkundige oomblik te kan beleef en ervaar.

16 lande sal in 4 groepe meeding. Nieu-Seeland wat tans die wêreldkampioen sal ook als in die stryd werp om hul titel vir die 1ste keer in Afrika te verdedig terwyl die Proteas as die buiteperd ’n droom kan verwesenlik om as die nuwe wêreldkampioen in hul eie land gekroon te word.

Diè toernooi begin op 28 Julie en duur tot 6 Augustus.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×