NETBAL –  Die Proteas het gistermiddag teen Engeland om die 3de plek in die vierhoekige-reeks meegeding en moes weereens met die houtlepel tevrede wees toe hulle met 42 – 49 die onderspit moes delf.

Die Suid-Afrikaners het weer fouteer deur waardevolle besit in hul eie doelgebied en eie senterafgooie te verloor wat op die ou einde die verskil beteken het tussen wen en verloor.

In die eindstryd het die huidige kampioen Australië sy titel suksesvol verdedig en ook ‘n 7de keer in diè reeks gewen toe hulle Nieu-Seeland uitoorlê het met ’n telling van 56 – 50.

Diè vierhoekige-reeks was ook die die laaste groot toernooi voor die 2023 Wêredlbeker toernooi wat tussen 28 Julie en 6 Augustus by die Kaapstad Internasionale Konvensie Sentrum plaasvind.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×