NETBAL – Met T20 krieket wat tans die sportwêreld oorheers gaan die top 6 netbal lande ook eerskomende naweek die geleentheid kry om hul vaardigede en vernuf in die Fast5-toernooi ten toon te stel.

Jamaika , Engeland , Australië , Nieu-Seeland , Uganda asook die Proteas gaan mekaar in Christchurch , Nieu-Seeland pak met die formaat wat effens verskil van die normale spel met slegs 5 spelers wat op die baan gaan wees.

‘n Doel binne die binneste doelsirkel tel een punt , die buitenste sirkel van tussen 3.5 m en 4.9 m is 2 punte werd terwyl ‘n superdoel verder terug in die doelderde drie punte vir ‘n span sal verseker waar die laaste 90 sekondes van elke kwart ook ‘n kragspel-tydperk sal wees met die superdoel wat na 6 punte verdubbel.

Die Proteas sal hul aanslag Saterdagoggend om 03:00 (SA Tyd) teen Engeland begin met al die wedstryde wat ook regstreeks op SuperSport Kanaal 208 en 209 uitgesaai word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×