Die Protea-netbalspan berei tans voor vir volgende week se Afrikabeker-toernooi.
Hulle sal hul Afrika-vyande, soos Uganda en Malawi, wat die titel wil wen, aandurf.
Die Protea-afrigter, Jenny van Dyk, sê hulle besef hulle is nog nie regtig getoets nie.
Die Proteas het Malawi verlede maand in Johannesburg met 3-0 geklop, maar die werklike toets lê nog voor.