Die ervare Protea speler, Karla Pretorius, het haar spanmaats gewaarsku dat Malawi ’n groter uitdaging gaan wees as in 2024 wanneer die tweede been van die Nasiesbeker-reeks Saterdag in Londen hervat word.

Suid-Afrika het die afgelope naweek met Uganda en Engeland klaargespeel en is tans voorloper in diè reeks.

Die Proteas het vier keer verlede jaar met die Queens swaarde gekruis waar die Suid-Afrikaners elke keer as oorwinnaar van die baan gestap het.

Pretorius, wat tans ’n blaaskans neem, is ingenome met die jong spelers in die groep en is vol vertroue dat diè kombinasies in die guns van die Proteas gaan tel.

Die eindstryd sowel as die bronsmedalje wedstryd sal Sondag plaasvind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×