NETBAL – Met die Wêreldbeker-toernooi wat die 1ste keer op die Afrika vasteland aangebied gaan word is Suid-Afrika se span vir diè groot skouspel aangewys.

Bongi Msomi en Karla Pretorius is onderskeidelik die kaptein en onderkaptein terwyl die afrigter Norma Plummer ook ’n kombinasie van jeug en ervaring gekies het vir  Suid-Afrika se aanslag op die wêreldkroon in Kaapstad.

Die groep sal ook nou eers vir hul streekspanne speel in die nasionale liga speel en dan weer in Stellenbosch bymekaar kom en die finale afrondingswerk doen wanneer diè toernooi op die 28ste Julie in die Moederstad afgooi.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×