NETBAL – Ondanks die Proteas se oorwinning oor die 8ste beste span op die wêreldranglys was dit nie genoeg vir die Suid-Afrikaners om die halfeindrondte te haal nie.
Hulle was gistermiddag gemaklik oppad na ’n sege oor Uganda en toe effens in die middel gesteier maar kon uiteindelik die wa deur die drif trek met ’n oorwinning van 52 – 50 oor die She-Cranes.
Suid-Afrika sal wel sy toenooi op ’n hoogtepunt wil afsluit wanneer die dames vanaand teen Tonga vir oulaas kragte sal meet.
Diè wedstryd begin om 18:00.