NETBAL – Met die geskiedkundige 1ste Wêreldbeker toernooi wat Vrydag afgooi is die Proteas oorgehaal om vanaf Doel 1 af ’n impak te maak.

Die Suid-Afrikaners het ook gister in ’n oefenwedstryd teen Trinidad & Tobago gespeel as finale voorbereiding en gaan nou afskaal totdat verrigtinge Vrydagoggend begin.

Nieu-Seeland speel in die openingswedstryd teen die einste Trinidad & Tobago waarna Zimbabwe harde bene teen Australië gaan kou.

Die openingsplegtigheid begin 16:00 waarna die Proteas teen Wallis hul Wêreldbeker veldtog om 18:00 gaan loods.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×