NETBAL – Die Proteas het gisteraand hul harte uitgespeel teen Australië in die Vierhoekige-reeks maar die bult was net te steil toe hulle vasgeval het met 65 – 48 teen die wêreld se nommer een span.

In die ander wedstryd wat vroeër die middag gespeel is het Nieu-Seeland en Engeland mekaar opgekeil maar op die ou einde was die Silvervarings net te goed vir die Rose en met 55 – 45 geseëvier.

Die Proteas speel vanmiddag teen Engeland om die 3de plek terwyl die Aussies en Nieu-Seelanders mekaar om 18:00 in die eindstryd sal pak.

Die Vierhoekige Reeks is die laaste groot een voor die Wêreldbeker-toernooi wat op 28 Julie in Kaapstad begin.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×