Die Proteas het Sondagaand in hul enigste tuisreeks vanjaar hul Afrika bure Malawi in Johannesburg met 69 – 24 van die baan af gespeel.

Die Suid-Afrikaners het die Spar-uitdaagreeks met 3 – 0 gewen nadat hulle ook in die vorige toetse met groot tellings van 68 – 31 en 69 – 38 teen die Queens kon seëvier.

Diè reeks was ’n goeie beginpunt vir die nuwe kaptein sowel as afrigter Jenny van Dyk maar sy was nie heeltemal tevrede met die afronding en die 78% doelgedmiddelde wat die doelskieters behaal het nie.

Die Proteas sal nou skaaf aan die Afrikabeker-toernooi wat volgende maand in Windhoek , Namibië afgooi waar ander Afrika spanne sowel as die She-Cranes van Uganda wat tans sesde op die wêreldranglys is op die Suid-Afrikaners sal wag.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×