Die Suid-Afrikaanse netbalspan het gevorder tot die halfeindrondes van die Afrikabeker-toernooi.
Dít kom ná die Proteas ‘n dominerende 71-48 oorwinning oor Zambië verdien het in Donderdag se laaste groepronde wedstryd.
Die Suid-Afrikaners het vroeër die week vir Kenia met 74-29 geklop en vir Malawi met 65-35, en eindig boaan groep een met ses punte.
Die Proteas pak vandag vir Zimbabwe in die halfeindrondes.
Die mansspan het intussen gister deurgedring na die eindstryd, nadat hulle vir Kenia met 46-30 geklop het en sal Saterdag vir Eswatini pak.