Die Protea netbalspan is oorgehaal om hul staal teen Nieu-Seeland in September-maand te toon ter voorbereiding van volgende jaar se Statebondspele in Glasgow.
Die dames gaan meeding om die Tami Jamison-trofee in drie toetste op 21, 24 en 28 September.
Volgens die Protea afrigter Jenny van Dyk is dit nou van kardinale belang om die regte spelers nou in te span en ook aan spelers die geleentheid gee om hande op te steek vir hoër louere.
Suid-Afrika kon Nieu-Seeland in 37 ontmoetings nog net een keer klop toe hulle met 59 – 57 in 1995 se Wêreldbeker-toernooi die bordjies verhang het en in die 2023-toernooi het die spanne gelykop gespeel met 48 – 48.