Netbal Suid-Afrika het dit bekendgemaak dat die SA o.21 groep aan vanjaar se Nasionale Liga sal deelneem as die 17de span, terwyl Zimbabwe as ‘n uitnodigingspan ook deel van hierdie toernooi gaan uitmaak.
Die Suid-Afrikaners se groep van 25 spelers sal deur Phophi Mematangari aangevoer word. Die toernooi sal ook as voorbereding dien vir die Wêreld-jeugtoernooi wat in September in Gibraltar plaasvind.
Die Nasionale Liga het in 2014 begin met 10 spanne en verlede jaar was daar ’n totaal van 16 spanne wat meegeding het.
Die seisoen gooi op 27 April in die Superbowl in Sun City af met die eindstryd wat op 20 Julie gespeel sal word.