NETBAL  – Tukkies is ook gisteraand na ’n spannende wedstryd teen die Universiteit van Johannesburg as die nuwe Varsitybeker Netbal Kampioen vir 2023 gekroon.

Die Pretoria studente het die toernooi ook onoorwonne afgesluit toe hulle UJ met 63 – 61 na ekstra tyd kon troef.

Toe die eindfluitjie blaas was dit 51 – 51 waarna bykomende tyd van 7 minute per kant gespeel is. UJ het na die 1ste helfte se ekstra tyd voorgeloop met 57 – 56 maar daarna het Tuks met ’n afgeronde vertoning in die laaste 7 minute ook sodoende hul 3de  titel verseker.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×