NETBAL – Die 3de ronde van die Varsity Netbal toernooi het goed vir die Noordwes-Universiteit afgeskop nadat verlede jaar se naaswenners die bordjies ook die naweek teen die Maties kon verhang het met ’n oorwinning van 50 – 40 teenoor die Kapenaars. Gister was die Potchefstromers weer op die wenpad en het Wits met 59 – 26 afgeransel.
Die Maties kon ook darem in hul 2de kragmeting van die naweek sake regmaak en het met 67 – 37 die Universtiteit van die Wes-Kaap getrap.
Die Kovsies het egter nie ’n goeie naweek beleef nie. Tukkies het die Vrystaters in hul 1ste ontmoeting met 54 – 50 getroef. Daarna het UJ ook sout verder in die Vrystaters se wonde gevryf met nog ’n naelskraapse oorwinning gister van 40 – 37.
Die 4de ronde wedstryde hervat weer vandag waar die hoogtepunt die Kovsies en NWU ontmoeting gaan wees wat om 15:00 afgooi.