NETBAL – Die Vrystaat Crinums is oorgehaal om die bordjies teen die Noord-Gauteng Jaguars in die Nasionale Netbal Liga eindstryd te verhang wanner diè 2 top spanne mekaar Woensdagaand gaan aanvat.
Die Jaguars wat die verdedigende kampioen is en in hul 11de agtereenvolgende eindstryd speel gaan poog om dit titel nommer 7 te maak.
Die Crinums was die kampioenspan in 2014 , 2015 en 2016 en gaan met sy veteraan-Protea verdediger en kaptein Karla Pretorius poog om die beker terug na die Rosestad te bring.
Die eindstryd is om 18:00 en word regstreeks op SuperSport Kanaal 209 uitgesaai.
*In Afdeling B is die Kingdom Stars van Kwazulu-Natal as wenners gekroon nadat hy die Oos-Kaapse Comets Dinsdagaand met 37 – 35 kon troef.