NETBAL  – Geskiedenis word ook vandag in die Moederstad gemaak wanneer die 16de vroue wêreldbeker-netbaltoernooi ook onder die hange van Tafelberg begin.

Nieu-Seeland en Trinidad & Tobago skop verrigtinge om 09:00 af waarna Australië en Zimbabwe mekaar om 11:00 gaan pak. Tonga en Fidji is ook op die baan vanoggend terwyl Singapoer en Uganda mekaar ook vanmiddag in Groep D die stryd gaan aansê.

Al die kaartjies vir die openings seremonie wat om 16:00 begin is reeds uitverkoop waarna Suid-Afrika en Wallis om 18:00 teen mekaar gaan opweeg. Die ander hoogtepunt is Engeland en Barbados se wedstryd om 20:00

Altesaam 300 vrywilligers sal diens verrig tydens diè toernooi terwyl 200 lede van die media geakkrediteer is en oor die Wêreldbeker verslag sal doen.

Die Lugmag doen ook vanmiddag om 15:30 ’n verbyvlug oor die middestad.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×