Wêreld Netbal en Netbal Australië het hierdie week ‘n sleutelvergadering met Brisbane 2032-beamptes gehou om hul bod vir netbal se insluiting by die Olimpiese Spele te bevorder.
Die uitvoerende hoofde van Wêreld Netbal, Fiona Harold en Netbal Australië, Stacey West en hulle president Liz Ellis, het gesprekke met Brisbane 2032-leiers gevoer om diè sport se Olimpiese potensiaal te ondersoek.
Harold het beklemtoon dat netbal se insluiting sal ooreenstem met Wêreld Netbal se visie om te groei, te speel en te inspireer terwyl die Olimpiese beweging versterk word.
Met voortgesette samesprekings wat die Internasionale Olimpiese Komitee en die Australiese Olimpiese Komitee betrek bly die strewe vir netbal se insluiting by die Brisbane 2032-spele ‘n sterk fokus.