Die premier van Israel, Benjamin Netanyahu, het gister tydens ‘n weeklikse kabinetsvergadering ontken dat Amerika Israel oortuig het om nie sy militêre aktiwiteite uit te brei nie. Israel is ‘n soewereine nasie, het Reuters Nethanyahu aangehaal en gesê die land se besluite is gegrond op hul eie berekeninge. President Joe Biden het Saterdag met Netanyahu gepraat, het die Withuis gesê. Volgens Netanyahu se kantoor het hy sy waardering teenoor Amerika se standpunt by die VN se Veiligheidsraad uitgespreek. Die kantoor het bygevoeg dat hy dit duidelik maak dat Israel die oorlog sal voortsit totdat al sy doelwitte ten volle bereik is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×