Ses mense, insluitend die vlieënier, is dood nadat ’n toeristehelikopter in die Hudsonrivier by New York neergestort het.

Volgens die polisiekommissaris Jessica Tisch is vier slagoffers Donderdag op die toneel dood en twee later in die hospitaal.

Sky News berig die helikopter het onderstebo en onder water beland.

Getuies het beskryf hoe die rotor afgevlieg het en die helikopter onbeheerbaar begin draai het.

Die toeristevlug, bestuur deur New York Helikopters, het vanaf Manhattan opgestyg en was sowat 15 minute in die lug.

Die slagoffers was glo van Spanje.

Die Federale Lugvaartadministrasie en die Nasionale Vervoerveiligheidsraad het ’n ondersoek van stapel gestuur om die oorsaak vas te stel.

error: Inhoud is beskerm !!