Die voormalige Walliese vleuel Louis Rees-Zammit het sy droom om in die Amerikaanse Voetbal liga oftewel die NFL te speel lewendig gehou na hy ‘n kontrak met die Jacksonvillle Jaguars onderteken het vir die komende 2025 voor-seisoen.
Diè 24-jarige het in Januarie 2024 die skuif vanaf rugby gemaak en sal weer vanjaar kompeteer vir ‘n plek in die Jaguars se 53-speler groep wat in ‘n NFL-seisoen speel.
Rees-Zammit het aanvanklik by die Kansas City Chiefs aangesluit vir die 2024 voor-seisoen maar het later na die Jacksonville franchise geskuif waar hy steeds werk aan sy ontwikkeling as NFL-speler.