Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê sy departement sal steeds geld bestee aan Nasionale Gesondheidsversekering (NGV)-advertensies ten spyte van die huidige krisis in vigsprogramme.

Die Amerikaanse regering se PEPFAR-befondsing is verminder, wat daartoe gelei het dat talle nie-regeringsorganisasies hul dienste gestaak het.

Motsoaledi sê daar is te veel irrasionele en negatiewe propaganda teen die NGV en dat dit noodsaaklik is om die publiek in te lig.

Volgens hom kan geld vir die NGV nie verskuif word na vigsprogramme nie, omdat die fondse vir spesifieke doelwitte geoormerk is.

’n Bedrag van R65-miljoen is begroot vir NGV-advertensies oor die mediumtermyn.

error: Inhoud is beskerm !!