Die burgerregteorganisasie AfriForum het skriftelike kommentaar ingedien op die wetsontwerp oor die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). In hierdie kommentaar word die leemtes en skuiwergate in die huidige vorm van die wetsontwerp duidelik uitgewys. AfriForum sê van die probleme met die wetsontwerp sluit in dat dit nie oplossings bied vir die huidige probleme met die NVG nie, dat dit nalaat om parlementêre oorsig voor te skryf en dat dit ruimte laat vir politieke inmenging. Die veldtogbeampte by AfriForum, Louis Boshoff, sê daar is tans 14 verskillende wetsontwerpe wat deur die ANC gedryf word wat byna almal deurspek is met ideologiese motiewe, en die NVG-wetsontwerp is geen uitsondering nie.
