‘n Nasionale Versekeringsfonds, of NGV, sal sowat 25 miljard eise per maand moet verwerk volgens die administrateur van gesondheidsversekering Momentum Health Solutions. Netwerk 24 berig Damian McHugh, hoof van bemarking by die maatskappy, het tydens ‘n praatjie oor die bedryf gesê die grootste kommer in die bestuur van so ‘n reuse fonds soos die die NGV is die moontlikheid van korrupsie en bedrog. Momentum bedryf ook die mediese fonds van staatsamptenare, of Gems. Die administrateur doen bykans 1,2 miljard transaksies elke maand wat die betaling van eise insluit. Mc Hugh bereken volgens die administrateur se markaandeel word sowat 5 miljard transaksies per maand gedoen in die private sektor. Om die NGV te bestuur op grond van die getal mense in die land, gaan dit sowat 25 miljard transaksies per maand wees wat hanteer moet word. Hy het gesê om so ‘n fonds te beheer, gaan kundigheid verg, terwyl dit tans nie lyk asof mediese fondse ‘n rol in die NGV gaan speel nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×