Drie van die vyf geskortse werknemers van die Nasionale Huisbouers Registrasieraad (NHBRC) wat na bewering met die ineenstorting van die George-gebou verbind word, is na die polisie verwys om ondersoek te word.

SABC News berig daar is in ‘n verslag bekend gemaak dat die ineenstroting van ‘n gebou in die Wes-Kaap die gevolg van ‘n sistematiese mislukking oor verskeie vlakke van toesighouding was.

Dit sluit in nie-nakoming van regulatoriese standaarde en wanbestuur deur beide die Raad en die projek se personeel. Die voorval het verlede jaar die lewens van 34 konstruksiewerkers geëis.

error: Inhoud is beskerm !!