Suid-Afrika se voorste span regskenners sal vandag by die Internasionale Hof in Den Haag Suid-Afrika se kant stel teen Israel oor sy beweerde “volksmoord” op Palestyne. Die oorlog in Gaza het in Oktober verlede jaar begin kort nadat Hamas Israel aangeval het. Maroela Media berig sommige ontleders glo die ANC-regering probeer aansien terugkry wat hy die afgelope 30 jaar weens beginsellose regering verloor het. Intussen het verskeie organisasies, politieke partye en Christenleiers dit duidelik gestel dat hulle nie die klag van volksmoord ondersteun nie. Die ACDP het gesê die Suid-Afrikaanse regering is skynheilig en gaan net sy handelsvennote in die Weste verder vervreem. Altesame 25 Christelike organisasies het gesê die regering tree nie onpartydig op wat betref die handhawing van internasionale reg nie. Die leier van die ACDP, eerwaarde Kenneth Meshoe, en die Christelike organisasies is dit eens dat die regering se optrede ’n direkte ondersteuning is vir Hamas se taktiek. Die groep organisasies wou by die regering weet waarom hy nie kapsie maak teen gruweldade teen burgelikes in sekere oorloggeteisterde Afrikalande en ander Midde-Oosterse lande nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×