Nie minder nie as twee veldbrande het gistermiddag omstreeks etenstyd buite Bloemfontein ontstaan.

Hierdie tyd van die jaar staan as die sogenaamde brandseisoen bekend.

Die een brand het op ‘n plaas, ongeveer 15 kilometer suid van Bloemfontein uitgebreek.

Rosestad-nuus het gistraand via ‘n betroubare bron verneem dat dié brand deur minstens agt boere van die omgewing geblus is.

Boere in die omgewing, asook buurtwag-organisasies hier, is skynbaar baie goed georganiseer en beskou gister se brandbestryding as ‘n “oefenlopie” om hul gereedheid vir brandbekamping en -bestryding gedurende die brandseisoen wat voorlê te bepaal.

Die ander brand het sy oorsprong by Brandkop gehad en het in die rigting van die Jagersfontein-pad versprei.

Buurtwaglede het ook hier ingespring om die vlamme te blus.

Sover bekend is niemand beseer nie, en is daar ook nie ernstige skade aan geboue aangemeld nie.

Die oorsaak van gister se brandeword ondersoek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×