Volgens die Nasionale Vereniging van Uitsaaiers bestee radio-uitsaaiers miljoene rand per maand aan kragopwekkers, ten einde meeste van die tyd op die luggolwe te kan ry.
Die vereniging het gesê beurtkrag beïnvloed sy seinverspreiding nadelig, en het dit tot gevolg dat luisteraars van sommige radiostasies oor die land heen, ongelukkig verlief daarmee moet neem dat die stilte uit die bloute kan neerdaal.
Rosestad 100.6FM se algemene bestuurder, Bernie Naudé, het gesê met jou radio se naald op 100.6FM, hou deeglike beplanning, behoorlike instandhoudingswerk, bietjie naels kou en mildelike genade, Rosestad feitlik ononderbroke in jou uitgelese geselskap.
Volgens Naudé is dit uit diepe dankbaarheid dat die stasie en sy luisteraars werklik as ‘n hegte gemeenskap met mekaar se ondersteuning saam deur moeilike tye soos hierdie kan . . . en sál beur.