Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê nie-voorlopige belastingbetalers het tot Maandag om hul belastingopgawes in te dien.
Hulle waarsku dat diegene wat die sperdatum mis, boetes in die gesig kan staar.
Belastingopgawes kan op die inkomstediens se eFiling-webwerf of mobiele toepassing ingedien word.
Intussen doen Tax Consulting South Africa ‘n beroep op Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon om hul opgawes in te dien, selfs al het hulle hul belastingverblyf formeel gestaak.