Geen personeellede of kliënte is beseer tydens die brand by Kopano Nokeng Country Lodge & Konferensiesentrum Maandag nie.

Al twaalf kamers by die gastehuis naby die Bram Fischer-lughawe het binne ‘n uur heeltemal afgebrand, volgens die hoof bestuurder Andrea Bradfield.

Volksblad berig dat daar vroeër ‘n veldbrand oorkant die pad was en die vermoede is dat een van die kooltjies op die gastehuis se grasdak beland het.

Ten spyte van die skade is die gastehuis steeds ten volle operasioneel, alternatiewe verblyf is vir die geaffekteerde gaste gereël, en alle besprekings en geleenthede sal voortgaan soos geskeduleer, het die gastehuis op sosiale media gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×