Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van vyf gesinslede by Harrismith in die Vrystaat nie

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die dood van vyf gesinslede by Harrismith in die Vrystaat nie. Die liggame van ‘n man, sy vrou en drie kinders is twee weke gelede al in hulle huis aangetref. Die liggame het verskeie steekwonde gehad. Die polisie in die provinsie sê ‘n tradisionele geneser het na bewering op die liggame afgekom. Die ondersoek duur voort.

Luister na potgooie hieronder